NGEmu/Emuforums Gedragsreëls.
Die volgende reëls het betrekking op die EmuForums boodskap bord (te vinde by
http://www.ngemu.com/forums) en sy onderskeie afdelings se kenmerke bv. profieles, privaat boodskappe, E-pos, Persoonlike kentekens ens.
Enige gebruiker wat hierdie reels op 'n gereelde basis oortree en verontagsaam sal permanent van-uit die bord verban word.
NGEmu staf behou die reg om te enige tyd volgens hulle eie oordeel en diskresie hierdie reëls te wysig. Dit word hoogs aanbeveel om dit op 'n gereelde basis te hersien.
Warez Beleid
NGEmu neem 'n "geen verdraagsaamheid" standpunt in wanneer dit kom by ruilhandel/deel/bespreking van onwettige sagteware wat ook bekend staan as warez.
Versoeke en konneksies na kommersiële materiaal soos ROMS,ISOs en "BIOS images" wat op 'n onwettige wyse bekom is, sal nie geduld word nie. As jy 'n boodskap laat vir ondersteuning in die forum en daar word gevind dat jy in besit is van enige onwettige middelle of data,sal jou "thread" onmiddelik
toegemaak word.
Beledigings / Aanvallende gedrag beleid
Geen vorm van beledigings word nie hier geduld nie.
Om ander lede van die NGEmu bord doelbewus te beledig of onwelvoeglik te behandel is ontoelaatbaar. Die beleid geld vir privaat boodskappe sowel as publieke boodskappe.
Volwasse materiaal beleid
EmuForums is toeganklik vir alle ouderdoms groepe, daarom word geen materiaal wat slegs vir volwassenes bedoel is hier toegelaat nie. Vir meer beskrywende inligting oor watter soort materiaal gesien word as volwasse materiaal; lees asseblief onder die opskrif:
"What do you mean by "adult material"?" in ons
faq.
Spam beleid
Emuforums is 'n spam vrye forum. Dit sluit enige advertensies wat deur gebruikers gelaat word asook foefie skemas en piramiede skemas in. Alle spam boodskappe sal onmiddelik en sonder enige vooraf kennisgewing verwyder word. Vir 'n meer volledige beskrywing oor wat gesien word as spam; lees asseblief onder die opskrif:
"What do you mean by "spam?" in ons
faq.
Gereelde Vrae (FAQ)
Die bord het 'n
faq stelsel. Daar kan jy antwoorde kry op die mees algemene bord en emu verwante vrae. Ons stel voor dat jy dit eers deurlees voordat jy 'n vraag stel wat alreeds voorheen beantwoord is.
Forum etiket
Die volgende riglyne is saamgestel om jou kanse te verbeter om inligting en informasie waarvoor jy soek te verkry, terwyl daar ook terselfde tyd verhoed word dat foute van die verlede herhaal word wat slegs jou mede gebruikers ontstel en irriteer.
- Kyk of die vraag wat jy wil vra nie al op 'n vorige geleentheid beantwoord is nie. 90% van die vrae is gewoontlik. EmuForums het 'n "search" en "faq" stelsel om dit maklikker te maak.
- Vra slegs een vraag op 'n slag oor 'n onderwerp. Dit laat ons toe om ander se antwoorde op te volg.
- Moenie ou "threads" weer ophaal nie. Wees geduldig en wag vir 'n antwoord. As niemand die eerste keer die antwoord geweet het nie, is dit onwaarskynlik dat hulle die tweede keer sal weet.
- Moenie in hoofletters tik nie. Dit word gesien asof jy skreeu en iemand mag dalk aanstoot neem.
- Help ons om jou te help. Vertel ons ALLES wat ons kan help om jou probleem op te los bv. plugins, system specs, ens. maak nie saak hoe gering jy dink die informasie sal wees nie. Dit help sodat ons jou nie elke keer hoef te vra vir alles nie en help jou jou ook om vinniger jou oplossing te kry.
- Probeer asseblief om alle boodskappe in Engels te laat. Baie meer mense sal jou so verstaan en sal jou dan kan antwoord.
- Moenie boodskappe laat in baie ou "threads" nie tensy dit verband hou met 'n probleem wat jy tans het.
- Hou asseblief jou kenteken klein. Groot kentekens laat die bord baie slordig lyk en skep 'n probleem vir ons 56k gebruikers weens die lae spoed verbindings wat hulle het. As 'n reël moet die kenteken wat by ngemu gehuisves word nie groter as 100*500*20k wees nie. Andersins 130*500 in dimensie en 25k in data grootte. Mense wat hierdie reël verontagsaam se voorreg vir 'n kenteken sal weggeneem word.
Tree in verbinding met ons
Sou jy ons wou kontak vir enige rede ,lees dan asseblief die
"site forum leaders" bladsy vir 'n lys van huidige mods / admins vir hulle kontak besonderhede. Boodskappe kan gerapporteer word. Kliek net op die "report post" knoppie onder elke boodskap.
Last edited by Betamax; July 10th, 2004 at 17:14..